Landbou: Wat hou die volgende 10 jaar in?

Globale mededinging in die Iandbou
gaan die volgende tien jaar skerp
toeneem. Volgehoue ekonomiese
groei, verhoogde handel in landbou
produkte en groei in veral ontwikke
le'nde lande se bevolkings is van die
redes waarom 'n internasionale or
ganisasie 'n groter vraag na land
bouprodukte voorspel.

Deur AINSLEY MOOS
amoos©landbou.com
Met vergunning van die Landbouweekblad

Te oordeel na die jongste verslag van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) oor hoe die landbou tot 2014 wêreldwyd gaan ontvou, is daar verskeie geleenthede vir Suid-Afrikaanse boere om by internasionale ontwikkelings in te skakel en uiteindelik só voordeel te trek.

Die OESO is 'n organisasie van 30 ryk nywerheidslande wat die meeste groot ekonomieë verteenwoordig. Die verslag Agri-cultural Outlook word jaarliks bekend gestel en bied 'n vooruitskouing van hoe produksie, verbruik, handel en kommoditeitspryse op die mediumtermyn kan vertoon.

Hoewel wêreldwye.ekonomiese groei en uitbreiding verlede jaar 'n bietjie afgeplat het, deels weens 'n skerp styging in die olieprys, is die verwagting dat groei vanaf volgende jaar tot 2014 in die meeste wêrelddele volgehou sal word. Die jaarlikse ekonomiese groei in die OESO se lidlande word op 2,6 % geraam, met die voorspelling dat groei in ontwikkelende lande en oorgangsekonomieë waarskynlik groter sal wees.

Dit is hierdie goeie verwagting vir ekonomiese groei wat waarskynlik sal lei tot 'n sterk wêreldwye vraag na en verhoogde handel in landbouprodukte tot en met 2014. Die verslag noem wel dat, ondanks die verswakking van die Amerikaanse

dollar in die afgelope twee jaar, die kans steeds goed is dat die geldeenheid verder gaan verswak weens 'n verwagte hoë begrotings- en handelstekort. Sou die dollar wel verder verswak; kan ekonomiese groei in Amerika daaronder ly, wat op sy beurt slegte nuus vir ekonomiese groei wêreldwyd inhou.

Terwyl die prys van amper alle landboukommoditeite na verwagting sat styg, is die siening dat dit reëel sal daal.

Dit is omdat die onderBggende faktore, soos groter produktiwiteit, die verskaffing van landbouprodukte versterk. Dit weeg swaarder as die kragte wat sterker vraag dryf, soos inkomste en bevolkingsgroei. Alle produkte behalwe rys word hierdeur